KLEIN KAROO CAMINO SE STORIE DEUR DIE LENS
Op 9 Oktober 2022, nadat openbare byeenkomste weer toegelaat is, het Cloete en Fourie 'n konsert met die tema "Hoop" by die Sandsteenkerk De Hoop naby Oudtshoorn aangebied. Die gedagte vir die "Klein Karoo Camino" asook die "Roete van die Sandsteenkerke" het tydens die voorbereiding van die konsert by De Hoop ontstaan.
Die konsert van "Hoop" by die Sandsteenkerk De Hoop.
Klein Karoo Camino se wortels lê hier by De Hoop.
Die vier kunstenaars wat by die konsert op De Hoop opgetree het.
Camino van die Sandsteenkerke 2023
"Camino van die Sandsteenkerke" gevestig.
TENOOR PIERRE VAN DER WESTHUIZEN
FAMILIEBESOEK NOVEMBER 2024.
LYNETTE BEER SE KUIERTJIE
Fietse op die Spitskop-Roete
KORPORATIEWE GASTE
JAAREINDE 2024
ROETE VAN DIE SANDSTEENKERKE 2025
‘
'n Groot meevaller was die bekende skrywer en oud-koerantredakteur Bun Booyens se praatjie oor sy boek “Troep” die aand voor ons vertrek.
LENTEDAG 2025 – DIE EERSTE E-FIETS OP DIE SPITSKOPROETE
Lentedag 2025 is
gevier met die vertrek van vier fietsryers op die Spitskoproete. Ons was bevoorreg
om ‘n E-fiets op die roete te verwelkom. Met die kundige hulp van die ervare
Mario Nell van Oudtshoorn Fietse is die E-fiets vir die rit voorberei en het dit foutloos presteer.
SES VRIENDINNE OP DIE SPITSKOPROETE - SEPTEMBER 2025
Ses hegte vriendinne het gevra
vir ‘n “Klein Karoo stap ervaring.” Hulle het sedert universiteitsdae met
mekaar kontak behou. Deur die jare het hulle in mekaar se lewensverhaal gedeel.
Vir vyf dae en 60km het ons saam met hulle ‘n deel van die Spitskoproete
gestap. Die ongerepte natuurskoon, gerief en gasvryheid het hulle beïndruk.
Om vir ‘n kort tyd deel van hierdie besondere mense se lewens te kon wees, is
’n kosbare voorreg.
Cornè van Eck was die sameroeper van die groep en het die volgende daaroor gesê: