Die Klein Karoo Camino fietsroetes in die Suidkaap strek vanaf die kus tot in die hartjie van die Karoo. Die roetes sluit gemaklike gruispaaie en uitdagende bergpasse in. Elke roete is aanpasbaar om te voldoen
aan die fiksheidsvlak en voorkeure van deelnemers. Elke deelnemer ry teen ‘n persoonlike gemaklike pas en daar word genoeg tyd ingeruim vir rusposes. Bergfietse en selfs
e-fietse is ewe geskik om die roete kaf te draf.
Ons oornag in hotelle, gastehuise en gasteplase. Alle etes en akkommodasie is by die prys ingesluit en bagasie word gratis tussen oornagpunte vervoer. ‘n Ondersteuningsvoertuig vergesel
deelnemers en voorsien koue water en verversings langs die pad.
Ons laat die speke sing - Kom trap saam.
Gebruik die skakels om meer uit te vind oor elkeen van hierdie fietsritte.