Ondersteun Helpende Hand
OP DIE SPOOR VAN DIE GROTES
Is jy op die uitkyk na ’n nuwe avontuur wat liggaam én gees sal verryk, terwyl dit ook ’n verskil maak in jou gemeenskap ?
Sluit aan by ’n unieke agt-dae pelgrimstog ten bate van Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap Streek – ’n reis wat jou nie net deur prentjiemooi natuurskoon neem nie, maar ook ‘n dieper betekenis dra.
’n Ervaring soos geen ander.
Onder die leiding van Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, stap ons vanaf Grootbrakrivier en volg die spoor van die Tuinroete se grotes.
Die roete kronkel kuslangs verby Suiderkruis, Kleinbrakrivier en Hartenbos tot by Mosselbaai. Elke dag bring nuwe ontdekkings, met afstande van 10–20 km wat teen ’n gemaklike pas gestap word.
’n Reis deur die geskiedenis
Langs die pad word die verhale van die Khoikhoi, die Portugese seevaarders, die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, en die Searle-familie ervaar. Hierdie staptog is meer as net ’n fisieke uitdaging – dit is ’n ontmoeting met die ryk erfenis van ons voorouers aan die suidpunt van Afrika.
Alles ingesluit vir jou gemak
• Verblyf, alle etes en toegangsfooie
• Bagasie word vervoer – jy stap lig.
• Gereelde verversings en rusplekke.
• Spesiale ervarings soos ’n bootrit, oornag in treinwaens op die strand, en die rustige skoonheid van Santosstrand se sonsondergang.
Stap met ’n doel
Die pelgrimstog bied nie net inspirasie en selfontdekking nie, maar dra ook by tot die projekte van Solidariteit Helpende Hand in die Wes-Kaap. Jou deelname help om hoop en ondersteuning te bring waar dit die nodigste is.
Belangrike besonderhede
• Datum: 24 April – 1 Mei 2027
• Ligging: Groot Brakrivier, Mosselbaai, Tuinroete, Wes-Kaap
• Vereiste fiksheid: Matig – ’n gemaklike pas word gehandhaaf
Bespreek sommer vandag jou plek en beleef ’n reis wat jou sal inspireer en jou sal help om jou lewenspad sinvol verder te stap.
Genesing begin daar waar die son jou vel
streel en stilte jou omarm.