Click here for English.
STAPROETES
Staproetes_Landing_02

Kom stap saam deur die beeldskone Klein Karoo terwyl jy ook jou binnelandskap verken. Dit beloof om ‘n unieke en verrykende stapervaring te wees.

SAW - VERENIGING

LANGPAD-CAMINO
IKONIESE SWARTBERG
SA WEERMAG VERENIGING
VERKEN DIE LANGPAD-CAMINO
VERKEN DIE SWARTBERG

Menige Burgermaglede ken die term "Vasbyt". Dit word algemeen vereenselwig met 'n moordende staptog - goed gekamoefleer as 'n "Route March". Klein Karoo Camino bied nou 'n gemaklike staptog aan ten bate van die SAW Vereniging. Dit is ontwerp in samewerking met Johann du Preez, Voorsitter van die SAW -  Vereniging.

Padlangs deur die Klein Karoo stap ons op verskeie roetes met wisselende afstande. Jy kan die hele langpad aandurf of kies tussens verskillende roetes. Die afstande wissel tussen 12km en 27km per dag en ons stap op goeie grondpaaie. Akkommodasie, etes en vervoer van jou bagasie is ingesluit by die prys.

Oorwin die Swartberg te voet binne vyf dae. 'n Ikoniese ou grote wat met moed en durf verower kan word. Hierdie uitdagende staptog word teen 'n gemaklike pas aangepak onder ervare begeleiding. Kom geniet die asemrowende uitsigte wat om elke draai teen die hellings van die Swartberg op jou wag.

Hierdie is 'n ware reistog vir jou siel.

Swartberg_002_C