Click here for English.

FIETSROETES

Bannes_130km Spitskop
Die Klein Karoo Camino fietsroetes in die Suidkaap strek vanaf die kus tot in die hartjie van die Karoo. Die roetes sluit gemaklike gruispaaie en uitdagende bergpasse in. Elke roete is aanpasbaar om te voldoen aan die fiksheidsvlak en voorkeure van deelnemers. Elke deelnemer ry teen ‘n persoonlike gemaklike pas en daar word genoeg tyd ingeruim vir rusposes.  Bergfietse en selfs e-fietse is ewe geskik om die roete kaf te draf.
Ons oornag in hotelle, gastehuise en gasteplase. Alle etes en akkommodasie is by die prys ingesluit en bagasie word gratis tussen oornagpunte vervoer. ‘n Ondersteuningsvoertuig vergesel deelnemers en voorsien koue water en verversings langs die pad.

Ons laat die speke sing  -  Kom trap saam.

KOFFIEMEUL - FIETSRIT
SPITSKOP 130km - FIETSRIT
HERRIE - FIETSRIT
Herrie Fietsrit_Trem_Web
KOFFIEMEUL
SPITSKOP
HERRIE

Gebruik die skakels om meer uit te vind oor elkeen van hierdie fietsritte.

Lekkerlê_01
>>>> Terug na: