KLEIN KAROO CAMINO SE STORIE DEUR DIE LENS

Die Klein Karoo Camino projek se wortels strek terug tot Maart 2018. Ockie Cloete en Okkie Fourie het 'n droom gehad om gereeld besoekers na die Klein Karoo te bring. Planne is gemaak en die infrastruktuur is in plek gekry. Covid19 het alles tot 'n stilstand gedwing.

Op 9 Oktober 2022, nadat openbare byeenkomste weer toegelaat is, het Cloete en Fourie 'n konsert met die tema "Hoop" by die Sandsteenkerk De Hoop naby Oudtshoorn aangebied. Die gedagte vir die "Klein Karoo Camino" asook die "Roete van die Sandsteenkerke" het tydens die voorbereiding van die konsert by De Hoop ontstaan.

Om 'n tasbare bydrae tot die breë gemeenskap te lewer, is Helpende Hand Wes-Kaapstreek betrek.

Die konsert van "Hoop" by die Sandsteenkerk De Hoop.

De-Hoop-Church
Logo_Afr_01

                                                         

Klein Karoo Camino se wortels lê hier by De Hoop.

Die storie van die Klein Karoo is verweef met die volstruisbedryf. "Wit goud" soos wat wit volstruisvere in die 19e eeu bekend gestaan het, se opgetekende storie begin naby die De Hoop kerkgebou, 12km wes van Oudtshoorn. Ockie Cloete en Okkie Fourie het die wel en weë van die verebedryf, De Hoop, en Covid19 met mekaar in verband gebring. De Hoop is simbolies van 'n platgeslane gemeenskap wat ten spyte van erge swaarkry weer opgestaan het.
Kunstenaars

Die vier kunstenaars wat by die konsert op De Hoop opgetree het.

Camino van die Sandsteenkerke 2023

In en naby Oudtshoorn is daar 'n bykans ongeëwenaarde skatkis van bates met 'n Bybelse verbintenis. Die oorspronklike idee was om dit in 'n "Bybelse Roete" saam te voeg. Ockie Cloete het die beskrywing "Roete van die Sandsteenkerke" voorgestel. In September 2023 het ons hierdie roete per bus aangebied. 'n Verskeidenheid van ervarings dra by tot 'n unieke belewenis van die Klein Karoo. Die terugvoer van gaste was uiters positief en het die lewensvatbaarheid van die:

"Camino van die Sandsteenkerke" gevestig.

September_01
September_12
September_07
September_09

TENOOR PIERRE VAN DER WESTHUIZEN

Ter ondersteuning van Helpende Hand Wes-Kaapstreek het Cloete, Fourie en Marietjie Viljoen (Pick an Artist) 'n konsert met tenoor Pierre van der Westhuizen gereël. Dit is nie aldag dat só 'n gerekende klassieke kunstenaar die Klein Karoo besoek nie! Pierre het gedurende April 2024 by die ACVV Huis Bellinghanhof opgetree, asook by die NG Gemeentes Park en Moedergemeente. By die Laerskool Wesbank het Pierre voor 'n groot gehoor saam met die skoolkoor opgetree. Begeleiding is deur die pianis Suleyman Human verskaf. Reklame, media en kaartjieverkope is deur Marietjie Viljoen, Pick an Artist behartig.
Pierre & Lynette

FAMILIEBESOEK NOVEMBER 2024.

Dit was 'n groot plesier om hierdie familie op die Roete van die Sandsteenkerke te neem. Ons het elke oomblik van hul besoek geniet!
Selfs Bollie Wollie, die troetelskaap, het vir 'n foto poseer.
Familie_November 2024
IMG-20241112-WA0013
Bollie_Wollie
IMG-20241115-WA0045

LYNETTE BEER SE KUIERTJIE

Die bekende lewensafrigter, skrywer, motiveringsspreker, ontwikkelaar van die Vierkleur Temperament Model asook Seeds of Inspiration, Lynette Beer, het vir ons besoek in April 2024. Dit was 'n groot voorreg om hierdie dinamiese dame en ander gaste te verwelkom op die Klein Karoo Camino. Lynette se optrede by die Laerskool Wesbank was besonder geslaagd. Die sanger Michael Lindt was die gaskunstenaar.
Laerskool Wesbank
Lynette_Oraloor

Fietse op die Spitskop-Roete

Die Spitskoproete is 130km van bergfiets hemel. Vir elke opdraande is daar ook 'n afdraande! 'n Hoogtepunt van 2024 was die bergfietsryers wat die Spitskoproete mak getrap het.
Suzette en Vriende_Web
Bennie en Gerda

KORPORATIEWE GASTE

Die verskeidenheid roetes van die Klein Karoo Camino en die kundigheid van sy personeel bied 'n vars geleentheid op vernuwing aan korporatiewe klante. 'n Pasgemaakte reisprogram wat die hoogtepunte van die Klein Karoo insluit, is vir 23 korporatiewe gaste in Oktober 2024 aangebied. Deur staptogte met innoverende aktiwiteite af te wissel het hierdie gaste 'n unieke ervaring geniet. Dieselfde ervarings is beskikbaar vir korporatiewe fietsry groepe. Vir 'n gefokusde korporatiewe reisprogram is die Klein Karoo Camino die ideale geleentheid vir vernuwing.
IMG-20250320-WA0087
IMG-20250320-WA0103
20241018_102210
IMG-20250320-WA0086
IMG-20250320-WA0096

JAAREINDE 2024

2024 Is afgesluit met 'n unieke geleentheid.  Die begeleiers was Marika du Toit-van Heerden en Johan Kloppers. Hierdie projek lê die Klein Karoo Camino na aan die hart. Dit word verfyn om in 2025 'n meer gefokusde ervaring te bied. 
IMG-20241126-WA0273
IMG-20241126-WA0211
IMG-20241128-WA0032
IMG-20241128-WA0160
IMG-20241127-WA0051

ROETE VAN DIE SANDSTEENKERKE 2025

Met Hannes Noëth, die uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, as begeleier, is die Roete van die Sandsteenkerke van 25 April tot 2 Mei 2025 gestap. Stappers het van al vier die windrigtings na die Klein Karoo toe gekom.
Hannes_Bergoord
Hannes en Stephany
Sinagoge_Hannes
WhatsApp Image 2025-04-24 at 15.27.26_2ae77c3f
WhatsApp Image 2025-04-28 at 17.32.29_20ed93d0
Bun Booyens_Web_Photo


'n Groot meevaller was die bekende skrywer en oud-koerantredakteur Bun Booyens se praatjie oor sy boek “Troep” die aand voor ons vertrek.

TROEP
Die weer was sonnig en perfek, met ligte reën op die voorlaaste dag. Die besondere natuurskoon al langs die voetheuwels van die Swartberge het stappers in verwondering gelaat.
Stappers in die lang gras
WhatsApp Image 2025-05-14 at 22.06.41_22384e14
Stofpad
Moeë voete in die water
Reën
Groepfoto_Laaste Dag
Die staptog is Vrydagaand om ‘n kaggelvuur afgesluit met Ockie Cloete se onoortreflike beesstert pot. Ons het as vriende gegroet, en sien uit na die volgende staptog saam met Hannes Noëth ten bate van Helpende Hand.
Toer 25 April - 2 Mei 2025_WEB_02

LENTEDAG 2025 – DIE EERSTE E-FIETS OP DIE SPITSKOPROETE

Lentedag 2025 is gevier met die vertrek van vier fietsryers op die Spitskoproete. Ons was bevoorreg om ‘n E-fiets op die roete te verwelkom. Met die kundige hulp van die ervare Mario Nell van Oudtshoorn Fietse is die E-fiets vir die rit voorberei en het dit foutloos presteer. 

01_Groepfoto
Die weer was perfek en ideaal vir fietsry. Vergesel van ‘n ondersteuningsvoertuig, kon die fietsryers ongehinderd die natuurskoon en ongerepte omgewing aan die voetheuwels van die Swartberge geniet. ‘n Groot kompliment is ontvang van die gaste wat vanaf KwaZulu-Natal afkomstig is en goed bekend is met die Drakensberge en KZN Middellande: Die Klein Karoo landskap en die Spitskoproete het hul verwagtinge heeltemal oortref.
Brackett_Highlights_Afr
Na ‘n heerlike week van fietsry is die week afgesluit met ’n besoek aan die besienswaardighede van Oudtshoorn. Dit was ‘n groot voorreg om hierdie werklik besondere gaste te vergesel en met hulle tyd te spandeer.
WhatsApp Image 2025-09-03 at 13.01.28_18ebe3e6

SES VRIENDINNE OP DIE SPITSKOPROETE - SEPTEMBER 2025

Corne v Eck_Groep

Ses hegte vriendinne het gevra vir ‘n “Klein Karoo stap ervaring.” Hulle het sedert universiteitsdae met mekaar kontak behou. Deur die jare het hulle in mekaar se lewensverhaal gedeel. Vir vyf dae en 60km het ons saam met hulle ‘n deel van die Spitskoproete gestap. Die ongerepte natuurskoon, gerief en gasvryheid het hulle beïndruk. Om vir ‘n kort tyd deel van hierdie besondere mense se lewens te kon wees, is ’n kosbare voorreg. 

Koppies
A_Rusplek

Cornè van Eck was die sameroeper van die groep en het die volgende daaroor gesê:

Goeie môre Okkie
Ek wil net weer dankie sê vir jou wonderlik boere-adel gasvryheid, lekker kos, geselsies, omgee en lewens-deel! Ons 6 vriendinne het heerlik gekuier, gestap, geslaap, opgevang en ontspan!
Groete en dankie
Cornè
A_Klofie
Sonsondergang